​Dié Suid-Afrikaanse huis is eenvoudig, dog elegant

Johannes van Graan Johannes van Graan
Extentions and Renovations, DG Construction DG Construction Casas modernas: Ideas, imágenes y decoración
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° ontdekking neem ons na Vanderbijlpark, waar DG Construction met een van hul moderne ontwerpe spog. En selfs al is jy nie mal oor die huis se buitekant nie, wees geduldig totdat jy die binnekant se ontwerp ontdek – dis beslis die wag werd.

Die moderne buitekant

Met ‘n deeglike mengsel van reguit lyne, neutrale kleure en ‘n skoon uitleg (als tipies van die moderne styl), wys hierdie skepping vir ons hoe ‘n eenvoudige ontwerp nog steeds stylvol kan wees.

Die elegante binnekant

Dieselfde skoon ontwerp wat ons buite gesien het word herhaal aan die binnekant, maar hier word dit soveel meer elegant gemaak danksy skitterende afwerkings en ‘n warm kleurskema – om nie eers te praat van die stylvolle meubels nie.

Styl wat skitter

Dis duidelik dat hierdie huis nou nie die grootste ooit is nie, maar van wanneer af is klein ‘n slegte ding? Hierdie skepping maak beslis die beste van sy spasie deur baie natuurlike lig na binne te lok, asook blink afwerkings in die meubels en dekorstukke om so tikkie ekstra skitter by te voeg.

Die pragtige praktiese kombuis

Die hart van die huis, wat ‘n oopplan uitleg deel met die sitkamer om die hoek, verskaf ‘n mengsel van sagte kleure en vlekvrye staal afwerkings. En natuurlik staan dit gereed met ‘n menigte kaste en laaie om te sorg dat die spasie, alhoewel dit kleinerig is, beslis nie deurmekaar gaan wees nie. 

Kom ons beloer nog so paar foto’s vir ekstra moderne inspirasie…

Lus vir iets groters? Ons bied aan jou: Die pragtigste huis in Pretoria.

¿Necesitás ayuda con tu proyecto?
¡Contactanos!

Destacados de nuestra revista