​Hierdie 15 veiligheidshekke gaan al die bure jaloers maak

Johannes van Graan Johannes van Graan
Puertas automaticas de aluminio soldado, Puertas Lorenzo, s.a Puertas Lorenzo, s.a Puertas y ventanas modernas
Loading admin actions …

Om ‘n huis in Suid-Afrika te sien wat omring is deur ‘n heining en hek is glad nie uniek nie – nie net hou so ontwerp mens veilig nie, maar dit dra ook by tot die styl en skoonheid van jou huis en erf, mits daardie heining en hek ordentlik en netjies, is natuurlik! 

Dus, om jou te inspireer en ‘n paar idees te gee, kyk net na hierdie 15 voorbeelde wat sommer jou bure lekker jaloers gaan maak…

1. Die rustieke dakteëls en afdakkie versag hierdie moderne hek pragtig.

2. Hierdie metaalontwerp met sy sagte kurwes is ideaal vir moderne huise.

3. Hoe treffend is hierdie vlekvrye staal nie?

4. En vir dié wat hou van rustieke style kan hierdie metaal hek met klipmuur die perfekte ontwerp wees.

5. ‘n Mengsel van verskillende materiale ken ‘n heel indrukwekkende ontwerp skep, soos hierdie eklektiese voorbeeld vir ons wys.

6. Moenie die trefkrag van tekstuur vergeet nie – wie’t gedink eenvoudige metaal en klipteëls kan so elegant lyk?

7. Wat kry jy as jy die “white picket fence” ontwerp met ‘n super moderne styl meng? Hierdie voorbeeld, natuurlik.

8. Jou veiligheidshek hoef jou nie benoud te laat voel nie – kyk hoe mooi oop is hierdie ontwerp.

9. Aluminium is nie net praktiese nie, maar kan ook ‘n heel subtiele styl geniet.

10. Al ooit gedink om jou hek soos ‘n deur te laat lyk? Dit kan verseker maak dat jou erf uitstaan.

Reforma de vivienda con etiqueta de eficiencia energética A (Gran Alacant, Santa Pola), Novodeco Novodeco Puertas y ventanas escandinavas

11. En gepraat van uitstaan, hierdie spierwit hek weet net hoe!

12. Moenie dink ons het van hout vergeet nie! Of dat dit nie net rustiek hoef te lyk nie.

13. Hout kan letterlik by enige ontwerp en styl inpas.

14. Hierdie krul-ontwerp van yster is ideaal wanneer jy voel jou erf kort bietjie kreatiwiteit.

15. Ons is mal oor hierdie monochroom styl wat klip en metaal meng.

Gepraat van veiligheid, kyk bietjie na hierdie 6 slim maniere om jou huis teen ‘n inbraak te beskerm.

¿Necesitás ayuda con tu proyecto?
¡Contactanos!

Destacados de nuestra revista