​20 dinge wat moet gaan as jy ouer as 30 is

Johannes van Graan Johannes van Graan
Blühende Wände - mit Fototapeten!, fototapete.de fototapete.de Paredes y pisos mediterráneos
Loading admin actions …

Is dit nie lekker om ‘n volwassene te wees nie? Niemand sê jou aan om jou groente te eet nie, jy kan so laat gaan slaap as wat jy wil en jy kies self wat jy wil aantrek – lekker, nê? Maar natuurlik verskaf grootword ook verantwoorderlikhede, soos om self vir als te betaal! 

Maar ontspan, want ons is nie hier om slegte nuus te gee nie, want ‘n ander lekker deel van grootmens wees is om in beheer te wees van jou huis se styl, en dis mos nou een ding wat nie moeilik hoef te wees nie, aangesien ons altyd soveel wenke en inspirasie hier op homify deel. 

Vandag kyk ons na ‘n paar belangrike elemente wat definitief nie in jou huis hoort as jy jouself as ‘n volwasse en stylvolle persoon wil beskou nie (of indien jy ouer as 30 is, watookal eerste kom)…

1. Diplomas wat jy op laërskool ontvang het. Klop jouself op die skouer, haal hulle van die muur af en bêre hulle in ‘n laai iewers.

2. Goedkoop, plastiek stoele op jou stoep wat maklik breek. Meubels van rottang of hout lyk beter en is ook heelwat sterker.

3. ‘n Deurmekaar kombuis. Jy is nou groot en kan nie meer van jou ma verwag om als agter jou skoon te maak nie.

homify Cocinas modernas: Ideas, imágenes y decoración

4. ‘n Leë, hartseer stoep.

Voeg so paar meubels en dekorstukkies by om dit soveel beter en vriendeliker te laat lyk.

5. ‘n Interieur styl wat lyk asof jy beroof is – ons is net so lief vir minimalisme, maar hierdie is regtig te veel (of te min!).

6. Eetgerei wat nie pas nie – dit is belangrik vir wanneer jy ‘n volwasse aansit-ete wil bedien.

7. ’n Matras op die vloer. Jy is nie meer ‘n student wat op die vloer slaap nie.

8. Geen ordentlike beddegoed.

Antes de la Reforma homify Espacios comerciales Hoteles

9. ‘n Lee en lelike ingangsportaal – lig, bietjie kleur en paar potplante kan die wêreld se verskil maak!

10. Ons is ook mal oor ‘n borrelbad

11. Vuil en gekraakte mure wat jou huis se styl afbring – probeer gerus polyfilla, seep en water, en bietjie verf!

homify Casas modernas: Ideas, imágenes y decoración

12. Deurmekaar en beknopte hoekies.

신혼집 20평대 self interior, toki toki

13. As jy ‘n kleinspan het, vermy meubels en dekor met skerp hoeke waar jy kan – jy wil mos hê jou huis moet vriendelik teenoor kinders ook wees, of hoe?

homify

14. Stukkende goed – of dit nou ‘n kombuiskas of ‘n stoel is, maak dit reg!

신혼집 20평대 self interior, toki toki

15. Kabels en drade wat sommer net los hang – dis lelik en kan ook gevaarlik wees.

신혼집 20평대 self interior, toki toki

16. ‘n Stukkende lugversorger – onthou die somer is oppad!

homify

17. Dooie plante – wees goed vir jou tuin en potplante.

18. Meubels wat stukkend en gehawend lyk – jy wil nie hê jou gaste moet jammer voel vir jou nie.

19. ‘n Deurmekaar studeerkamer – dis hoekom daar rakke, kaste en laaie is.

Ático RJ, en Catarroja, acertus acertus Estudios y oficinas coloniales

Dink net wat kan ‘n bietjie skoonmaak en opruim aan daardie vertrek doen.

Study room acertus Estudios y oficinas modernos

20. ‘n Styl wat net pleinweg siek lyk – die doel is nie om soveel kleure en patrone as moontlik te meng nie!

Hierdie 7 wenke wat skoonmaak maklik maak sal beslis help.

¿Necesitás ayuda con tu proyecto?
¡Contactanos!

Destacados de nuestra revista